Ilze McCarthy

Gesondheid

Elkeen van ons begeer om ‘n vervulde, gelukkige lewe te lei terwyl ons die doelwitte nastreef wat ons vir onsself gestel het, maar terselfdertyd ook dinge doen wat vir ons lekker is.
Hiervoor het ons ’n gesonde, sterk liggaam en gees nodig. Dit is egter ‘n

voldonge feit dat ’n gesonde gees net deur ‘n gebalanseerde geestelike verhouding met God gehandhaaf kan word.

Dit bring ons weer terug by ons lewensstyl en keuses wat ons maak wat ons fisiese welsyn beïnvloed.

In die Gesondheidsafdeling van Eden Lewe poog ons om inligting, raad en begeleiding te bied om u in staat te stel om ingeligte en doelgerigte keuses vir u gesondheid te maak.

Kom besoek gereëld ons webblad vir wenke en artikels om 'n gesonder lewensstyl aan te leer.