![]() |
|
| God Met Ons 21 | |
![]() |
|
Waar die sonde geheers het, sal die genade van God nog oorvloediger wees. Die aarde self, wat die Satan as syne geëis het, sal nie net verlos word nie, maar ook verhoog word. Ons wêreldjie, wat onder die vloek van die sonde die een klad op Sy herlike skepping was, sal bo die ander wêrelde in die heelal van God vereer word. Hier, waar die Seun van God in die vlees as mens gewoon het; hier, waar die Erekoning gely en gesterf het, sal God, wanneer Hy alle dinge nuut sal maak, Sy tabernakel by die mense maak, "en Hy sal by Hulle woon, en hulle sal Sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God," en deur die ewigheid heen sal die verlostes in die lig van die Here wandel en Hom loof vir Sy onuitspreeklike gawe - Emmanuel, "God met ons." |
|
| Vandag se fokus is hanteer deur: E.G. White | |
![]() |
|