 |
Evangelisasie
Eden Lewe ondersteun verskeie vorme van evangelisasie. Die belangrikste hiervan is uitreik-seminare.
Sulke uitreikings word gehou dwarsdeurdeur Suid-Afrika en Eden Lewe ondersteun graag |
|
 |
gemeentes wat publieke uitreikings wil hou deurdat dat hulle 'n verskeindendeid van sprekers wat op verskillende onderwerpe spesialiseer, kan aanbied. Ander lande wat onlangs besoek was is Zimbabwe, Zambië, Australië en Niëeu Zeeland. |
|
|
| |
Ander vorms van uitreiking sluit in om die publiek by te staan met geestelike vrae deur die internet, besoek en hulp wat verleen word by die ouetehuis en om die plaaslike SDA gemeente by te staan met tronk uitreiking. Meeste van Eden Lewe se sprekers verskyn ook gereeld op TV waar duisende siele bereik kan word.
|
|
| Die openings woorde van die boek Evangelisasie is a konstante troos wanneer ons uitgaan om die Woord met die wêreld te deel. Dit lees as volg:
"Christus se laaste woorde aan sy disipels was "En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld." "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies." Gaan na die verste uithoeke van hierdie aarde, en weet dat waar julle ook al gaan, sal Ek wees. Aan ons word dieselfde opdrag gegee. Ons moet uitgaan as Christus se boodskappers, om te leer, om onderrig te gee, om man en vrou te oortuig, om die woord van die lewe onder hulle aandag te bring. En aan ons word ook die versekering van Sy deurlopende teenwoordigheid gegee. Wat die moeilikhede ook al is wat ons tegemoet gaan kom, watter swaarkry ons ookal mag verduur, die genadige belofte bly ons s'n, "En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld." Evangelisasie bl 15 E G White |
|