Peter Mombers

DVD Departement

Die DVD medium is die op een na kragtigste stuk evangelisasie gereedskap – na die persoonlike Bybelstudie – en ons wil sterk aanbeveel dat u hierdie gereedskap gebruik in u persoonlike studie en om u oproep tot verspreiding van die evangelie waar te maak (Handelinge 1:8).

Die DVD departement is ‘n Bediening in eie reg, maar ondersteun ook die ander afdelings deur digitale materiaal te voorsien waardeur inligting deurgegee kan word aan mense met wie daar gewerk word. Ons voorsien materiaal vir inreiking (SDA) en vir uitreiking.

Ons hanteer alle navrae oor DVD’s, CD en mp3CD en die beskikbaarheid van programme wat uitgesaai is oor Eden Lewe Netwerk. Ons hanteer dit van eerste kontak tot aflewering van die produk.

Ons doel is om kwaliteit DVD’s waar moontlik teen uiters billike pryse beskikbaar te maak sodat daar geen hindernis in die verspreiding van die Goeie Nuus van die Evangelie optree nie. Dit tesame met die aanmaning om gereed te maak vir die koms van die Here.